Wednesday, December 06, 2006
Robbie Wessels
Ek moet se Hy is een van my favorites om my gusteling musiek lys, ek kan aanhou na hom luister! Ek weet nie of julle hom ken nie maar hy rock! Julle moet julle self n guns doen en net na een van sy songs luister, soos "LeeuLoop, of Verbode Vrugte" Wel die wat nie weet wie hy is, hier is so bietjie inligting oor hom - Geniet!!!!
Robbie Wessels het op ‘n plaas naby Kroonstad in die Vrystaat groot geword en hy het nou nog die letsels van daardie sorgelose kinderdae. "Daar het ons vis gevang en springhase gejag. Ek het een aand op my verjaardag agter ‘n springhaas aan in die draad vasgehardloop en moes steke in my lip kry . Tydens ‘n visvangsessie het ‘n hoek my middelvinger gehaak. En dan was daar die keer toe ons ‘n gasbom praktiseer en die longdrop opgeblaas het…. " Dis die dinge wat my bybly en dit is die ondervindinge wat aanleiding gegee het tot die songs op sy albums. Robbie het ‘n bekoorlike rasperstem. Robbie is ‘n folkrock-verteller, gegrond op sy ervarings.
Geboortename: Robert Albert Wessels
Verjaarsdag: 30 Oktober (1980)
Lengte: 1,72 m
Gewig: 84kg
Broekgrootte: 36
Hempgrootte: Medium
Haarkleur: Bruin
Oekleur: Bruin
Skoengrootte: 9 en ‘n half
‘n paar Geheime…..
Ek kou my naels.
Ek huil maklik.
Ek is skrikkerig vir ‘n hoender en ‘n uil.
Ek het erg hoogtevrees.
Ek kry maklik griep.
Ek is baie skaam.
Oor my grootste geheim praat ek nie uit nie. Dit is soos om van jouself te skinder…..
Het jy geweet…..
Ek dink Penelope Cruz is die mooiste vrou op aarde…
Ek gaan gereeld kerk toe
Ek skryf my liedjies op papier wat in die huis rondle…
Ek wil iewers in die bosveld aftree.
Australiaanse krieketkommentators irriteer my
Ek is gek oor waterski
Ek het al verskeie kere ophou rook…
Grootste verleentheid….
"Ek het in die Spar ingestap so twee maande nadat Gauteng-Aleng oppie lug gekom het. Baie impressed toe die een dame my erken loop ek toe na die vleisrak toe. Twee minute later was ek egter minder impressed toe my boetie my broek aftrek…. Gelukkig het ek ‘n onderbroek aangehad….."
Gereelde vrae…..
Vraag: As jy jouself in een sin moet beskryf, wat sal dit wees?
Antw: Vriendelik en Vrygewig, ek maak soms ‘n berg van ‘n molshoop maar ek is lief vir die lewe en my mense.
Vraag: Vir wie en wat het jy die grootste bewondering en hoekom?
Antw: Vir God want elke afdraapaadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het Hy my iewers kom haal.
Vraag: Wat maak jou kwaad?
Antw: Wanneer ons eie mense mekaar seermaak in plaas van saam mekaar staan.
Vraag: Wat maak jou glimlag?
Antw: Mense wat gelukkig is, wat lag en saamsing en drukkies gee.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
hy is cute... maar nie my gunsteling sanger nie. 'n paar van sy liedtjies is regtig diep, maar ek verkies verbode vrugte - my gunsteling liedtjie
hys 'n 7 uit 10
Ek like hom ook, die song waarvan ek die meeste hou van hom is "waar le jy vanaand" dis beautiful vir my. leeuloop is 'n LEKKA song.
Robbie Wessels cute??? Grrrr.... hehe
Like sy music thou...
Toe ek met vakhansie was in Yzerfontein, op die weskus, het ek 'n dogtertjie op die strand raak geloop. Sy se haar pa het die leeuloop by 'n braai gedoen.
Die arme kind! :-)
Ken julle actually mense wie dit al gedoen het?
Post a Comment